Fluweelpoeding

Foto: Vrouekeur – Elmarie Knapton

Winter beteken warm etes en gebakte poedings. Probeer bietjie hierdie lekker fluweelpoeding

Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS

6 porsies

100 ml (6 e + 2 t) koekmeel
60 ml (4 e) suiker
125 ml (½ k) volroommelk
625 ml (2½ k) volroommelk
knypie sout
4 eiergele
45 ml (3 e) botter
2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
30 ml (2 e) fyn appelkooskonfyt
MERINGUELAAG
4 eierwitte
45 ml (3 e) suiker

LEES OOK: Malvapoeding

Stel oond op 180 °C.

  1. Meng koekmeel, suiker en 125 ml volroommelk tot pasta. Hou eenkant.
  2. Verhit 625 ml volroommelk en sout in kastrol tot kookpunt.
  3. Klits warm melk vinnig met draadklitser en voeg meelmengsel by terwyl jy aanhoudend roer.
  4. Draai stoofplaat se hitte laer. Klits eiergele en voeg by warm, gekookte melkmengsel terwyl jy vinnig roer. Kook vir twee minute oor lae hitte. Voeg botter en vanieljegeursel by.
  5. Skep melkmengsel in oondbak van 18 cm x 14 cm wat met botter gesmeer of met kossproei gespuit is.
  6. Skep klein bietjies van appelkooskonfyt op melkmengsel.
  7. Meringuelaag Klits eierwitte met elektriese klitser tot sagte punte vorm. Voeg suiker bietjies-bietjies by terwyl jy aanhoudend klits.
  8. Klits meringue tot styf, blink en glansend. Skep bo-op poeding en maak punte in meringue.
  9. Bak vir 15 minute of tot goudbruin bo-op.
  10. Sit warm voor.

Send this to a friend