Gerolde spinasie-en-kaas-brood

Sop en brood saam is ’n treffer. Maak hierdie lekker gerolde spinasie-en-kaas-brood

6 persone

800 g (1 sakkie) gekoopte brooddeeg
150 g (½ bos) spinasie, ontstingel
250 ml (1 k) mozzarellakaas, gerasper
1 sirkel fetakaas, gekrummel
¼ rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny

LEES OOK: Braaivleisbrood

Stel oond op 180 °C.

  1. Sprinkel koekmeel op werksoppervlakte.
  2. Rol brooddeeg effens platter in reghoekige vorm wat breed genoeg is om in broodpan te pas.
  3. Spuit broodpan van ongeveer 12 cm x 20 cm met kossproei of smeer met botter.
  4. Spoel spinasie af en kap fyner. Sprinkel spinasie, mozzarella, feta en soetrissie oor deeg.
  5. Rol deeg soos rolkoek op en plaas in gesmeerde broodpan.
  6. Bak vir 40 minute. Plaas foelie oor en bak nog 10 minute.
  7. Laat bietjie in broodpan afkoel en keer op afkoelrak uit om heeltemal af te koel.

Send this to a friend