Gebakte koolskywe

Gebakte koolskywe is maklik en vinnig om te maak!

4 porsies

Bestanddele

4 groen en/of pers kooltjies
15 ml (1 e) bietjie olie
60 ml (¼ k) gesmelte botter
sout en varsgemaalde peper
2,5 ml (½ t) fyn komyn
knypie paprika
knypie rooirissievlokkies
2,5 ml (½ t) fyn koljander

Metode

Stel oond op 180 ˚C.

  1. Sny kool in 2 cm-skywe.
  2. Pak op gesmeerde bakplaat uit.
  3. Smeer olie oor kooltjies, verf met botter en sprinkel met speserye.
  4. Bak vir 15–20 minute of tot sag en gaar.

Send this to a friend