Gemarineerde bieftaco’s

Hierdie gemarineerde bieftaco’s neem bietjie langer as gewone taco’s om te maak, maar dis beslis die moeite werd

4 porsies

Bestanddele

bietjie olie
500 g minute steaks, in 10 cm-blokke gesny
sout en peper
1 ui, gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
420 g (1 blik) gekapte tamaties
250 ml (1 k) beesaftreksel
10 ml (2 t) taco-speserymengsel
8 harde taco-doppies
80 ml (1/3 k) suurroom

Metode

  1. Braai vleis aan alle kante tot bruin, geur en skep uit.
  2. Verhit nog bietjie olie en braai ui en knoffel tot sag.
  3. Voeg vleis en res van bestanddele terug by uie en laat kook vir omtrent ’n uur.
  4. Skep vleis uit en maak dit met twee vurke los van mekaar om garingvleis te kry.
  5. Skep vleis terug en laat kook tot dikker. Dit moenie waterig wees nie.
  6. Skep vleismengsel in taco-doppies met suurroom, salsa, guacamole en Chipotlesous. 

Wenk

Harde taco’s is by Woolworths te kry. Jy kan sagte tortillas ook gebruik. Onthou om die harde taco’s vir ’n paar minute in die oond te sit om weer hard te word. Die taco-speserymengsel is in die speseryafdeling te kry.  

Send this to a friend