Geroosterde haloumislaai met bosbessies en okkerneute

geroosterde_haloumislaai

Maak hierdie naweek ’n spoggerige halloumislaai. Niks sal aan jou panne vaskleef as jy Spray and Cook gebruik nie.

4 porsies
20 minute se voorbereiding

300 g haloumi, in dik skywe, druk droog
100 g (1 pakkie) okkerneute
3 sprietuie, fyngesny
100 g (1 pakkie) droë bosbessies
150 g klein slaaiblaartjies
100 g wilde roket
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
60 ml (¼ k) olyfolie
sap van ½ suurlemoen

  1. Spuit ‘n groot pan mildelik met SPRAY & COOK en braai die haloumi tot goudbruin en sag. Spuit weer ‘n bietjie SPRAY & COOK in die pan en voeg die okkerneute by. Rooster liggies terwyl jy die pan skud.
  2. Voeg die sprietuie, bosbessies, blaarslaai en roket in ‘n groot mengbak en meng liggies. Geur dit.
  3. Meng die olyfolie en suurlemoensap.
  4. Sit die slaaimengsel versigtig in ‘n opdienbak, sit haloumiskywe bo-op en gooi die olyfoliemengsel oor.
  5. Sprinkel die okkerneute oor en bedien met ‘n krakerige brood en ekstra suurlemoen indien verkies.

Send this to a friend