Gestolde grenadellapoeding

Somer is nie somer sonder heerlike soet vrugte nie!

6 porsies

Bestanddele

1 60 g (2 x 80 g-pakkies) grenadellajellie
30 ml (2 e) gelatien
500 ml (2 k) kookwater
397 g (1 blik) kondensmelk
250 ml (1 k) room
VIR BO-OOR
115 g of 125 ml (½ k) grenadellapulp
10 ml (2 t) mielieblom

Metode:

  1. Meng jelliepoeier en gelatien in glasbak.
  2. Voeg kookwater by en roer tot helder.
  3. Roer kondensmelk by. Plaas in yskas vir 10 minute sodat dit gouer kan afkoel.
  4. Klits solank room styf.
  5. Vou room by afgekoelde jelliemengsel in. Skep in glastertbak van 20 cm.
  6. Plaas vir vyf uur in yskas tot goed gestol.
  7. Vir bo-oor Roer bietjie water by mielieblom om pasta te vorm. Roer by grenadellapulp in kastrol. Verhit oor matige hitte tot verdik.
  8. Laat bietjie afkoel en skep oor tert.

Send this to a friend