Koffie-en-karringmelk-koek

Lus vir koek bak? Jy sal nie ’n fout met ’n koffiekoek maak nie

Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS

1 groot koek

Bestanddele

4 ekstragroot eiers
375 ml (1½ k) strooisuiker
250 ml (1 k) karringmelk
187 ml (¾ k) olie
5 ml (1 t) vanieljegeursel
500 ml (2 k) koekmeel
15 ml (1 e) bakpoeier
5 ml (1 t) fyn kaneel
1 ml sout
30 ml (2 e) warm water
15 ml (1 e) koffiepoeier
KOFFIEVERSIERSEL
45 ml (3 e) volroommelk
15 ml (1 e) koffiepoeier
2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
200 g sagte botter of wit margarien
750 ml (3 k) versiersuiker, gesif

Metode

Stel oond op 180 °C.

  1. Klits eiers en suiker met elektriese klitser tot liggeel.
  2. Meng karringmelk, olie en vanieljegeursel.
  3. Sif koekmeel, bakpoeier, kaneel en sout saam. Roer meel- en karringmelkmengsel beurtelings by eiermengsel. Hou eenkant.
  4. Meng warm water en koffiepoeier daarby tot opgelos.
  5. Smeer twee ronde koekpanne van 22 cm en voer met bakpapier uit.
  6. Verdeel beslag tussen koekpanne.
  7. Bak vir 27 minute of tot toetspen skoon uitkom.
  8. Laat bietjie afkoel en keer dan versigtig op afkoelrak uit om heeltemal af te koel.
  9. Koffieversiersel Verhit melk en roer koffiepoeier daarby in tot opgelos. Roer vanieljegeursel by.
  10. Room botter tot liggeel met elektriese klitser vir ongeveer drie minute.
  11. Voeg koffiemengsel en helfte van versiersuiker by. Klits weer vir vier minute tot romerig.
  12. Voeg oorblywende versiersuiker by en klits vir nog twee minute tot romerig.
  13. Versier koek soos verkies.

Send this to a friend