Gevulde beesfilet

Pak die kole en maak dié lekker gevulde beesfilet

4–6 porsies

Bestanddele

6 00 g beesfilet, in skywe van 2,5 cm gesny
7 0 g (½ blok) camembert, in skywe gesny
30 ml (6 t) pikantrissie, fyngesny
30 ml (2 e) botter
sout en peper

Metode

  1. Sny ’n horisontale snit in filet. Moenie deursny nie.
  2. Plaas skyfie kaas en 5 ml (1 t) pikantrissies in elke filetskyfie. Druk effe platter.
  3. Smeer met botter en sprinkel sout en peper oor.
  4. Braai oor matige kole of tot gaar volgens jou smaak.

Send this to a friend