Beesfilet met kruiekors | Vrouekeur

Beesfilet met kruiekors

Bederf jou mense met ‘n lekker beesfilet met kruiekors

4 porsies

Bestanddele

4 takkies roosmaryn
4 takkies tiemie
4 takkies pietersielie
sout en varsgemaalde peper
480 g (4 x 120 g) beesfiletporsies
bietjie olie

Metode

  1. Kap roosmaryn, tiemie en pietersielie baie fyn. Los net so op kapplank.
  2. Sprinkel sout en peper oor beesfiletporsies wat met olie gesmeer is.
  3. Rol net kante van filet in kruiemengsel.
  4. Verhit pan tot baie warm en braai tot jou gekose gaarheid.

Send this to a friend