Gevulde calamari

Warm weer en seekos loop saam. Maak hierdie gevulde calamari!

4 porsies

Bestanddele

Vulsel
160 ml (2/3 k) droe broodkrummels
3 sirkels feta, gekrummel
15 ml (1 e) vars pietersielie, gekap
10 ml (2 t) vars basiliekruid, gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
1 suurlemoen se skil
1 kg calamari-buisies
45 ml (3 e) botter
paar druppels vars suurlemoensap
sout en peper

Maak ook heirdie lekker calamarislaai

Metode

  1. Meng alles vir vulsel saam.
  2. Stop vulsel in calamari en steek met tandestokkie toe.
  3. Braai in botter vir paar minute tot calamari begin verbruin. Draai gereeld. Sprinkel met suurlemoensap en geur met sout en peper.

Send this to a friend