Maalvleis en nachos

Moeg vir gewone maalvleis? Kikker dit op met ‘n Meksikaanse geur en maak maalvleis en nachos vir jou mense!

4 tot 6 porsies

LEES OOK: Maalvleis-tortillas

Bestanddele

bietjie olie
1 ui, gekap
600 g beesmaalvleis
15 ml (1 e) vars pietersielie, gekap
1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
5 ml (1 t) kerriepoeier
1 ml fyn koljander
knypie paprika
sout en rooipeper na smaak
410 g (1 blik) gekapte tamaties
30 ml (2 e) blatjang
10 ml (2 t) bruinsuiker
5 ml (1 t) witasyn
410 g (1 blik) pitmielies, gedreineer
SIT GEREG AANMEKAAR
250 g (1 pak) Salsa Nachos Chips (Top it) Woolworths
250 ml (1 k) Griekse jogurt
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
grasuie, gekap
Stel oond op 180 °C.

LEES OOK: Vinnige maalvleisrol

Metode

  1. Verhit bietjie olie en soteer ui daarin tot sag.
  2. Voeg maalvleis, pietersielie en soetrissie by. Soteer tot vleis gaar en los van mekaar is.
  3. Voeg oorblywende bestanddele by, behalwe pitmielies. Prut sonder deksel tot meeste vloeistof weggekook is, ongeveer 10 minute.
  4. Geur vir smaak en roer pitmielies by.
  5. Sit gereg aanmekaar Pak nachos op bodem en kante van bak of individuele bakkies.
  6. Skep maalvleis in nachos.
  7. Skep Griekse jogurt oor en sprinkel kaas oor.
  8. Plaas in oond vir 12 minute tot kaas gesmelt is. Sprinkel grasuie bo-oor.
  9. Sit dadelik voor.

Send this to a friend