Hasselback-roomspinasiehoender

Bederf jou mense met hasselback-roomspinasiehoender vir aandete!

4 porsies

Bestanddele

15 ml (1 e) botter 1 ui, fyngekap
5 ml (1 t) knoffel
125 g (½ pak) knopiesampioene, gesny
250 g (1 pak) babaspinasie
125 ml (½ k) room
5 ml (1 t) groentespeserye
knypie neutmuskaat
4 hoenderborsies
sout en peper
125 ml (½ k) mozzarellakaas, gerasper

Metode

Stel oond op 180 ˚C.

  1. Smelt botter en braai ui en knoffel tot sag.
  2. Voeg sampioene by en braai tot sag.
  3. Roer spinasie by en braai tot sag.
  4. Voeg room en speserye by en laat kook tot verdik.
  5. Maak vier tot vyf snye bo-op hoender. Maak seker jy sny nie deur nie. Geur met sout en peper.
  6. Skep eetlepel van spinasievulsel in elke sny van hoender.
  7. Plaas op bakplaat, sprinkel met kaas en bak vir 25 minute of tot hoender gaar is.

Send this to a friend