Rosyntjiebrood

Berderf jou gesin Paasoggend met hierdie maklike rosyntjiebrood met Paasbolletjiegeure. Bedien dit warm uit die oond met plaasbotter

2 broodjies

Bestanddele

875 ml (3½ k) witbroodmeel
45 ml (3 e) strooisuiker
5 ml (1 t) gemengde speserye
5 ml (1 t) kaneel
5 ml (1 t) sout
1 lemoenskil, fyngerasper
1 pakkie kitsgis
80 ml (1/3 k) gesmelte botter
250 ml (1 k) louwarm melk
1 groot eier
250 g pakkie vrugtekoekmengsel
GLASUURSEL
60 ml (¼ k) melk
60 ml (¼ k) suiker

Metode

Verhit oond tot 180 °C en smeer twee broodpanne van 10 cm x 25 cm met botter.

  1. Meng meel, strooisuiker, gemengde speserye, kaneel, sout, lemoenskil en gis.
  2. Meng botter, melk en eier.
  3. Voeg eiermengsel by meelmengsel en knie vir 10 minute tot glad en elasties. Bedek met kleefplastiek en laat rys tot dubbelvolume.
  4. Voeg vrugtekoekmengsel by en knie in deeg in.
  5. Vorm twee brode en laat rys in panne tot dubbelvolume.
  6. Bak vir 35 minute tot goudbruin en gaar.
  7. Glasuursel Verhit melk en suiker saam tot kookpunt en laat kook vir twee minute. Verf glasuursel oor warm brood sodra dit uit oond kom.

Send this to a friend