Mexikaanse pastaslaai

Hierdie Mexikaanse pastaslaai kan maklik in ‘n aandete omskep word – voeg net hoender en spek by

4 porsies

Bestanddele

500 g skroefpasta
30 ml (2 e) olie
sout
bietjie olie
1 ui, gekap
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
5 ml (1 t) fyn knoffel
500 ml (2 k) bevrore mielies
420 g (1 blik) rooibone, gedreineer
250 ml (1 k) suurroom
125 ml (½ k) tamatiesalsa (gebottel)
handvol vars koljanderblare

Metode

  1. Kook pasta in baie water met olie en sout tot net gaar. Dreineer en hou eenkant.
  2. Verhit olie en braai ui tot sag. Voeg soetrissie en knoffel by en braai effe.
  3. Voeg mielies en rooibone by en braai effe tot mielies ontvries is. Haal van hitte af en hou eenkant tot afgekoel.
  4. Meng suurroom en tamatiesalsa.
  5. Meng pasta, mieliemengsel en suurroommengsel. Snipper vars koljanderblare by.

Send this to a friend