Hoender gevul met drie kase

Maak hoender gevul met drie kase vir aandete

2 porsies

Bestanddele

2 hoenderborsies
2 snye mozzarellakaas
10 ml (2 t) sagte bokmelkkaas
2 snye camembertkaas
olie
sout en peper

Metode

  1. Maak ’n dieperige horisontale sny in elke hoenderborsie, maar moenie deursny nie.
  2. Stop elke hoenderborsie met een sny mozzarella, 5 ml bokmelkkaas en een sny camembert.
  3. Sit op bakplaat, smeer liggies met olie en geur met sout en peper.
  4. Bak vir 15 minute of tot hoender gaar is.

Send this to a friend