Krakerige Chinese beesvleis met rys

Hierdie resep vir krakerige Chinese beesvleis met rys is vreeslik lekker

2 porsies

Bestanddele

300 g biefstuk, in kort repies gesny
125 ml (½ k) mielieblom
SOUS
15 ml (1 e) kookolie
5 ml (1 t) fyn knoffel
5 ml (1 t) fyn gemmer
80 ml (1/3 k) sojasous
80 ml (1/3 k) rysasyn
80 ml (1/3 k) water
10 ml (2 t) hoisinsous
80 ml (1/3 k) bruinsuiker
5 ml (1 t) mielieblom
knypie rooipeper
60 ml (¼ k) sprietuie, gekap

Metode

  1. Rol beesvleisrepies in mielieblom en braai in 1 cm olie. Dreineer en hou eenkant.
  2. Sous Meng sousbestanddele en bring tot kookpunt.
  3. Voeg vleis by sousmengsel en maak seker alles word bedek.
  4. Haal uit sous, sprinkel met sprietuie en bedien met rys.

Send this to a friend