Murgpampoentjiepasta met tamatiesous

Hierdie murgpampoentjiepasta is maklik en banting-vriendelik

2 porsies

Bestanddele

150 g (½ pak) murgpampoentjiespaghetti
30 ml (2 e) botter
½ ui
2,5 ml (½ t) knoffel
bietjie olie
300 g maalvleis
150 g (½ bottel) tamatiepastasous
sout en peper

Metode

  1. Braai murgpampoentjiespaghetti in botter tot sag. Hou warm.
  2. Braai ui en knoffel tot sag, skep uit en hou eenkant.
  3. Braai maalvleis tot bruin en skep uie terug. Giet tamatiesous by en laat kook. Geur met sout en peper.
  4. Bedien murgpampoentjiespaghetti met maalvleismengsel.  

Send this to a friend