Hoenderbroodjie | Vrouekeur

Hoenderbroodjie

Maak hierdie hoenderbroodjie vir aandete met ‘n lekker slaai!

4 porsies

Bestanddele

bietjie olie
1 ui, gekap
1 knoffelhuisie, gekneus
1 wortel, geskil en gerasper
2 groot murgpampoentjies, gerasper
500 g gemaalde hoendervleis
187 ml (¾ k) vars witbroodkrummels
80 ml (1/3 k) volroommelk
125 g (½ houer) maaskaas met grasuiegeur
25 g (½ pakkie) sampioenroomsop
2 eiers
10 ml (2 t) gedroogde Italiaanse kruie
sout en peper

Metode

  1. Verhit bietjie olie en braai ui en knoffel tot gaar. Voeg wortel en murgpampoentjies by en braai verder. Laat bietjie afkoel.
  2. Roer oorblywende bestanddele by uiemengsel.
  3. Spuit broodpan van 22 cm x 12 cm met kossproei en skep vulsel daarin. Maak gelyk bo-op.
  4. Bak vir 40 minute of tot gaar in middel.
  5. Sit saam met groen slaai voor.

Send this to a friend