Kaassous

’n Tuisgemaakte burger smaak sommer net soveel lekkerder. Hier is die resep vir ’n lekker kaassous

4 porsies

Bestanddele

250 ml (1 k) melk
25 ml (1 e + 2 t) botter
25 ml (1 e + 2 t) koekmeel
125 ml (½ k) gerasperde cheddarkaas
80 ml (1/3 k) parmesaankaas
sout en peper

Metode

  1. Verhit melk tot kookpunt en hou eenkant.
  2. Smelt botter in kastrol en roer meel by.
  3. Voeg melk bietjie vir bietjie by en roer goed ná elke byvoeging. Hou so aan tot melk op is. Geur en bring sous tot kookpunt vir een minuut.
  4. Roer kaas by.

Send this to a friend