Beet-en-wortel-koek

Hierdie beet-en-wortel-koek-resep is ’n baie ou resep wat my ma gereeld bak. Die beslag is helderpienk as jy dit aanmaak en word dan bruin as jy dit bak – nogal cool

Deur: Mareli Visser

1 koek

Bestanddele

450 ml (1¾ k) koekmeel
12,5 ml (2½ t) bakpoeier
5 ml (1 t) kaneel
1,25 ml (¼ t) sout
250 ml (1 k) sonneblomolie
375 ml (1½ k) strooisuiker
250 ml (1 k) rou beet, geskil en gerasper
2 50 ml (1 k) rou wortels, geskil en gerasper
250 ml (1 k) gekapte pekanneute
3 groot eiers, geskei
1,25 ml (¼ t) kremetart
ROOMKAASVERSIERSEL
60 ml (4 e) versiersuiker
120 g roomkaas
15 ml (1 e) heuning sap van een suurlemoen

Metode

Verhit oond tot 180 °C, spuit ’n ringpan, gooi ’n bietjie koekmeel in en skud sodat dit oral vassit.

  1. Sif koekmeel, bakpoeier, kaneel en sout saam.
  2. Klits sonneblomolie en strooisuiker saam.
  3. Voeg beet, wortels, pekanneute en eiergele by oliemengsel en meng goed.
  4. Voeg meelmengsel by en meng deur.
  5. Voeg kremetart by eierwitte en klits styf. Vou by beslag in.
  6. Skep beslag in ringpan en bak vir 60 minute tot goudbruin en gaar.
  7. Laat effens in pan koud word en keer op draadrak uit.
  8. Versiersel Sif versiersuiker en meng roomkaas, heuning en suurlemoensap by tot glad. Bedruip afgekoelde koek daarmee.

Send this to a friend