Koekies op ’n stokkie

Koekies op ’n stokkie

Ek bak elke jaar koekies op ‘n stokkie as geskenke vir my mense. My kinders deel dit by die skool uit en maak iemand se dag spesiaal

Bestanddele

30 koekies

250 ml (1 k) botter
250 ml (1 k) suiker
5 ml (1 t) vanielje
1 groot eier
625 ml (2½ k) koekmeel
2,5 ml (½ t) sout sosatiestokkies
VERSIERSEL
2 eierwitte
500 ml (2 k) versiersuiker
koekgeursel
bietjie water
koekkleursel van jou keuse  

Metode

Verhit oond tot 180°C en berei bakplaat voor.   

  1. Room botter, suiker en vanielje.  
  2. Voeg eier by en meng goed.  
  3. Sif koekmeel en sout.  
  4. Gooi meelmengsel by bottermengsel en roer tot deeg vorm.  
  5. Bedek deeg met plastiek en bêre in yskas vir ’n uur.  
  6. Rol deeg 6 mm dik op meelbestrooide oppervlak uit.  
  7. Druk vorms uit, sit op bakplaat en druk sosatiestokkie in.  
  8. Bak vir 10–12 minute tot goudbruin.  
  9. Versiersel Klits eierwitte, versiersuiker en geursel tot styf. Gooi water teelepelgewys by totdat versiersel regte dikte is om te spuit. (moet sewe tellings vat om glad te word ná jy dit geroer het).  
  10. Verdeel versiersel in twee dele en kleur een deel.  
  11. Verdeel elke kleur in twee dele. Voeg teelepels water by een deel. (moet vier tellings vat om glad te word ná jy dit geroer geroer het).  
  12. Versier jou koekies.  

Send this to a friend