Koffiekoek  | Vrouekeur

Koffiekoek 

’n Koffiekoek bly ’n goeie keuse!

12 porsies

Bestanddele

5 ekstragroot eiers, geskei
250 ml (1 k) strooisuiker
312 ml (1¼ k) koekmeel
80 ml (1/3 k) kakao
15 ml (1 e) bakpoeier
1 ml sout
5 ml (1 t) sterk koffiekorrels
60 ml (4 e) kookwater
125 ml (½ k) volroommelk
187 ml (¾ k) olie
5 ml (1 t) vanieljegeursel
KOFFIEVERSIERSEL
5 ml (1 t) sterk koffiekorrels
5 ml (1 t) kookwater
250 g (½ blok) sagte botter
250 ml (1 k) strooisuiker
45 ml (3 e) kakao
397 g (1 blik) kondensmelk

Metode

  1. Gooi strooisuiker by eiergele. Klits met elektriese klitser tot liggeel, ongeveer drie minute.
  2. Sif koekmeel, kakao, bakpoeier en sout saam.
  3. Los koffiekorrels in kookwater op. Roer melk, olie en vanieljegeursel ook by kookwater.
  4. Meng oliemengsel en meelmengsel beurtelings by eiermengsel.
  5. Klits eierwitte met elektriese klitser tot stywepuntstadium en vou by beslag in.
  6.  Smeer of spuit twee ronde koekpanne met 22 cm-deursnee en voer met bakpapier uit.
  7. Skep beslag in koekpanne en bak vir 25 minute of tot toetspen skoon uitkom.
  8. Laat effens in koekpanne afkoel en keer dan op afkoelrakkie uit tot heeltemal afgekoel.
  9. Koffieversiersel Los koffiekorrels in water op. Hou eenkant.
  10. Room botter met elektriese klitser tot romerig, ongeveer twee minute.
  11. Meng kakao en strooisuiker. Voeg strooisuikermengsel by bottermengsel en klits weer vir nog vier tot vyf minute.
  12. Voeg koffiemengsel by bottermengsel en voeg dan kondensmelk stadig by, maar gebruik net ½ tot ¾ van die kondensmelk, anders gaan versiersuiker te loperig raak.
  13. Sny koeklae horisontaal in helfte deur.
  14. Smeer versiersel tussen koeklae en rondom koek.
  15. Rond koek verder af soos verkies.

Send this to a friend