Mexikaanse eiers | Vrouekeur

Mexikaanse eiers

Hierdie Mexikaanse eiers is lekker vir aandete of ontbyt!

4 porsies

Bestanddele

bietjie olie
1 ui, gekap
½ geel soetrissie, ontpit en in repies gesny
½ rooi soetrissie, ontpit en in repies gesny
2 50 g (1 pak) spinasie, gewas, ontstingel en in repies gesny
410 g (1 blik) tamatie-en-uie-mengsel
410 g (1 blik) bone in tamatiesous
sout
knypie rooipeper
4 eiers

Metode

Stel oond op 180 °C.

  1. Verhit olie in oondvaste braaipan.
  2. Soteer ui tot sag en voeg soetrissies by. Soteer vir twee minute. Voeg spinasie by en soteer tot net verwelk.
  3. Roer tamaties-en-ui-mengsel en bone in tamatiesous by spinasiemengsel.
  4. Geur na smaak met sout en rooipeper.
  5. Maak vier holtes in spinasiemengsel in braaipan en breek eiers in holtes.
  6. Plaas in oond en bak vir 12 minute of langer indien harder eiers verkies word.
  7. Verwyder uit oond en sit dadelik voor.

Send this to a friend