Lam Marrakechia | Vrouekeur

Lam Marrakechia

’n Gewilde Marokkaanse lamsbredie – lam Marrakechia

Resep verskaf deur Joehan Erasmus van Moroccan House

MAROKKAANSE SPESERYE
10 ml (2 t) fyn komyn
10 ml (2 t) fyn gemmer
10 ml (2 t) fyn koljander
10 ml (2 t) fyn kaneel
10 ml (2 t) paprika
5 ml (1 t) borrie
2,5 ml (½ t) fyn rooipeper
2,5 ml (½ t) fyn neutmuskaat
LAMSBREDIE
15 ml (1 e) olie
60 ml (¼ k) water
7 50 g skaapskenkels, in blokke gesny
1 ui, gekap
1 knoffelhuisie, gekap
20 ml Marokkaanse speserye
15 ml (1 e) suurlemoenskil
50 g bloukaas, gekrummel

Metode

Stel oond op 160 °C.

  1. Morokkaanse speserye Meng al die spesery. Hou eenkant.
  2. Lamsbredie Meng bestanddele, roer speserymengsel by, skep in oondbak en bak vir 2–2½ uur.

Send this to a friend