Chinese vyfspeserye-varklies | Vrouekeur

Chinese vyfspeserye-varklies

Hoe lekker lyk hierdie Chinese vyfspeserye-varklies nie? Probeer gerus die resep!

4–6 porsies

Bestanddele

CHINESE VYF-SPESERYEMENGSEL
5 ml (1 t) fyn kaneel
5 ml (1 t) fyn naeltjies
5 ml (1 t) vinkelsaad, gerooster en fyngemaak
5 ml (1 t) fyn steranys
5 ml (1 t) fyn swartpeper
VARKLIES
700 g varklies (pork belly)
3 0 ml (2 e) vyf-speserye-mengsel
125 ml (½ k) beesaftreksel
3 aartappels, in kwarte gesny
sout

Metode

  1. Chinese vyf-speserye-mengsel Meng al die speserye. Bêre eenkant.
  2. Varklies Stel oond op 160 °C. Vryf varklies met speseryemengsel.
  3. Plaas vark, aftreksel en aartappels in groot oondbak. Sprinkel met sout.
  4. Maak met foelie toe en bak vir twee uur. Maak laaste 30 minute oop om krakerig en bruin te word.

Send this to a friend