Mexikaanse neutkoekies | Vrouekeur

Mexikaanse neutkoekies

Mexikaanse neutkoekies is heerlik! Het jy dit al gemaak?

Maak 36

Bestanddele

250 ml (1 k) pekanneute
430 ml (1¾ k) koekmeel
1,25 ml (¼ t) sout
250 ml (1 k) botter
250 ml (1 k) versiersuiker
2,5 ml (½ t) vanielje
375 ml (1½ k) versiersuiker

Metode

Verhit oond tot 180 °C en voer bakplaat met waspapier uit.

  1. Kap pekanneute baie fyn en meng met meel en sout.
  2. Room botter en versiersuiker en voeg vanielje by.
  3. Voeg meelmengsel stadig by en meng tot deeg vorm.
  4. Bedek deeg met kleefplastiek en laat rus vir ’n uur in yskas.
  5. Skep deeg met 15 ml-maatlepel en rol in balletjie.
  6. Bak vir 12 minute tot goudbruin en gaar.
  7. Verwyder uit oond en rol in versiersuiker. Laat effens afkoel en rol weer in versiersuiker.
  8. Stoor in vrieskas in lugdigte houer.

Send this to a friend