Maalvleisbrood

Het jy al ooit probeer om ’n maalvleisbrood te maak? Dis baie maklik! Maak dit sommer vanaand

6 porsies

VLEISBROOD
800 g beesmaalvleis
1 ui, fyngekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
5 ml (1 t) droë gemengde kruie
250 ml (1 k) vars broodkrummels
5 ml (1 t) sout
knypie swartpeper
2 eiers
45 ml (3 e) blatjang
SOUS
125 ml (½ k) tamatiesous
7,5 ml (1½ t) Dijon-mosterd
30 ml (2 e) bruinasyn
125 ml (½ k) bruinsuiker

Metode

Stel oond op 180 °C.

  1. Vleisbrood Meng al die bestanddele vir brood en druk in broodpan van 20 cm x 8 cm vas.
  2. Bak vir 40 minute. Giet oortollige vet af.
  3. Sous Meng bestanddele vir sous in kastrol.
  4. Bring tot kookpunt en laat nog vyf minute op stoofplaat prut. Verwyder van hitte en giet oor broodjie.
  5. Verlaag oond se hitte na 160 °C. Plaas terug in oond vir nog 15 minute.
  6. Laat brood bietjie afkoel en keer uit. Sit in skywe saam met slaai voor.

Send this to a friend