Oosterse garnaalpasta

Kikker pasta op met garnale vir ’n heerlike maaltyd!

4 porsies

Bestanddele

PASTA
500 g (1 pak) spaghetti
10 ml (2 t) olie
5 ml (1 t) sout
GARNALE
2 50 g (1 pak) bevrore garnale
bietjie olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
sout en peper na smaak
OOSTERSE SOUS
125 ml (½ k) sojasous
5 ml (1 t) ligte bruinsuiker
45 ml (3 e) water
20 ml (4 t) olie
30 ml (2 e) suurlemoensap
knypie fyn gemmer
knypie knoffelsout
handvol vars koljander, gekap

Metode

  1. Pasta Verhit genoeg water tot kookpunt in kastrol waarby olie en sout gevoeg is.
  2. Kook spaghetti vir ongeveer 12 minute of tot al dente. Dreineer en spoel onder lopende water af. Roer bietjie olie deur spaghetti sodat dit nie aan mekaar vassit nie. Bedek en hou eenkant.
  3. Garnale Stoom bevrore garnale vir drie minute tot gaar in mikrogolf of in elektriese stomer.
  4. Verhit bietjie olie en soteer ui en knoffel tot sag. Voeg gaar garnale by en roerbraai nog ’n bietjie. Geur na smaak met sout en peper.
  5. Oosterse sous Meng al die bestanddele saam in glasbottel en skud tot goed gemeng. Giet oor garnale.
  6. Roer gaar garnale by spaghetti en voeg gekapte vars koljanderblare by.
  7. Sit dadelik voor.

Send this to a friend