Maklike klapperys | Vrouekeur

Maklike klapperys

Bederf iemand met klapperys om hul spesiaal te laat voel!

Deur MARLO CARSTENS
Foto’s ELMARIE KNAPTON

ongeveer 24 hartjies afhangende van koekiedrukker se grootte

Bestanddele

385 g (1 blik) kondensmelk
1 druppel rooi voedselkleursel
750 ml (3 k) versiersuiker, gesif
360 g (4½ k) fyn klapper

Metode

  1. Meng kondensmelk en voedselkleursel in groot mengbak.
  2. Roer versiersuiker by tot goed gemeng.
  3. Roer klapper by en meng goed met hande.
  4. Druk klapperys in bakplaat van 20 cm x 26 cm wat met bakpapier uitgevoer is vas. Maak gelyk bo-op.
  5. Laat 1 uur eenkant staan om te stol.
  6. Druk hartjies met koekiedrukker so ná as moontlik aan mekaar uit.
  7. Lig versigtig met behulp van bakpapier uit. Berg in lugdigte houer.

Send this to a friend