Hierdie maklike melkkos-resep is een van ons gunstelinge – veral op koue wintersdae!
4 porsies
Bestanddele
1 ℓ (4 k) melk
125 ml (½ k) sago
15 ml (1 e) koekmeel
15 ml (1 e) vlapoeier
knypie sout
125 ml (½ k) water
1 eier
Maak ook ons pannekoekresep
Metode
- Laat staan sago in melk vir omtrent halfuur.
- Laat sagomengsel stadig kook en roer af en toe sodat dit nie vasbrand nie.
- Meng koekmeel, vlapoeier, sout en water saam tot daar niks klonte is nie. Roer dan by sagomengsel en laat verder kook.
- Klits eier goed en roer by sagomengsel in.
- Laat kook tot dik en alles gaar proe.
- Bedien met kaneelsuiker.
![Avatar](https://www.vrouekeur.co.za/wp-content/uploads/2019/09/favVk-1-150x150.png)