Mayonnaise

Die lekkerste mayonnaise is dié wat tuisgemaak is. Dis maklik, vinnig en kan vir ’n paar weke in die yskas gebêre word.

Tuisgemaakte mayonnaise lewer 2 koppies

Wenke

  • Gebruik ’n glasbak – ’n metaalbak mag dalk jou mayonnaise verkleur.
  • Gebruik gehaltesonneblomolie. Dit sal vir ’n goeie geur sorg. u Vermy olyfolie – dit kan mayonnaise ’n groen kleur gee.
  • As jou mengsel skif, begin met ’n eiergeel in ’n skoon bak. Gooi van die geskifte mengsel teelepel vir teelepel by terwyl jy klits. Dit sal dan ’n nuwe emulsie vorm.
  • Jy kan ook ’n elektriese menger gebruik om dinge makliker te maak.
  • As jou mengsel skif, begin met ’n eiergeel in ’n skoon bak. Gooi van die geskifte mengsel teelepel vir teelepel by terwyl jy klits. Dit sal dan ’n nuwe emulsie vorm. u Jy kan ook ’n elektriese menger gebruik om dinge makliker te maak.

Bestanddele

4 eiergele
5 ml (1 t) Dijonmosterd
30 ml (2 e) vars suurlemoensap
500 ml (2 k) sonneblomolie
sout en peper

Metode

  1. Klits eiergele, mosterd en helfte van suurlemoensap saam.
  2. Gooi olie druppel vir druppel in eiermengsel terwyl jy aanhoudend met klitser klits.
  3. Wanneer mengsel begin verdik, gooi dit teelepel vir teelepel by. Hou aan klits.
  4. Hou aan tot olie op en mengsel dik en liggeel is.
  5. Proe of daar genoeg suur in is. Gooi laaste bietjie suurlemoensap by en geur met sout en peper.

Send this to a friend