Varkschnitzel met brandrissiemayonnaise

Maak varkschnitzel met brandrissiemayonnaise vir aandete!

4 porsies

Bestanddele

4 varkvleisstukke 125 ml (½ k) koekmeel 2 eiers, geklits 45 ml (3 e) melk 1 25 ml (½ k) growwe broodkrummels 250 ml (1 k) mayonnaise 45 ml (3 e) brandrissiesous 2,5 ml (½ t) knoffelsout 5 ml (1 t) gemengde kruie

Metode

  1. Plaas varksnitte op kapbord. Sit stuk kleefplastiek oor vleis. Kap dunner met rolstok of vleishamer.
  2. Rol vleis in koekmeel.
  3. Klits eiers en melk saam, doop vleis daarin gevolg deur broodkrummels.
  4. Meng mayonnaise, brandrissiesous, knoffelsout en kruie saam.
  5. Braai schnitzel in vlak olie tot goudbruin en gaar.
  6. Bedien met mayonnaisemengsel en gestoomde groente.

Wenke

Gebruik vars kruie soos pietersielie, basiliekruid, dille en koljander – dit maak ’n groot verskil in smaak

Send this to a friend