Mieliebrood | Vrouekeur

Mieliebrood

Hierdie mieliebrood is vreeslik maklik om te maak en baie lekker!

6–8 porsies

420 g (1 blik) geroomde mielies
250 ml (1 k) koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
60 ml (¼ k) olie
60 ml (¼ k) suiker
1 ml sout
2 eiers

Maak ook hierdie braaivleismielietert

Metode

Voorverhit oond tot 180˚C of gebruik Weber met matige kole en deksel.

  1. Meng al die bestanddele.
  2. Giet in gesmeerde kastrol of pan.
  3. Bak vir 25 minute of tot toetspen skoon uitkom.

Send this to a friend