Souserige sitruspoeding | Vrouekeur

Souserige sitruspoeding


Hou die koue weg met ’n heerlike souserige sitruspoeding

Deur SUZANNE CROZIER en MARLO KITSHOFF-CARSTENS Foto ANDREA CALDWELL

6–8 porsies

Bestanddele

150 g botter, gesmelt
1 suurlemoen se skil, fyngerasper
1 lemoen se skil, fyngerasper
40 ml (8 t) suurlemoensap
40 ml (8 t) lemoensap
375 ml (1½ k) strooisuiker
250 ml (1 k) bruismeel
250 ml (1 k) melk
4 eiers, geskei
SOUS
125 ml (½ k) suiker
40 ml (8 t) lemoensap
125 ml (½ k) water

Maak ook hierdie gebakte pynappelpoeding

Metode

Stel oond op 180 ˚C.

  1. Klits botter, skil, sap, suiker, meel, melk en eiergele saam in mengbak.
  2. Klits eierwitte tot sagtepuntstadium. Meng klein bietjie by deeg en vou dan res in.
  3. Smeer klein oondbakkies met botter en giet mengsel daarin.
  4. Bak vir 25–30 minute of tot gestol.
  5. Sous Plaas suiker, sap en water in kastrol en bring tot kookpunt.
  6. Giet oor warm poeding.
  7. Sprinkel met versiersuiker en bedien met geklopte room.

Send this to a friend