Botterskorsiesop

As jy ’n warmer botterskorsiesop wil hê, kan jy nog brandrissie bygooi!

4 porsies

Bestanddele

600 g botterskorsie
bietjie olie
sout en peper
5 ml (1 t) gedroogde brandrissievlokkies
2,5 ml (½ t) paprika
1 ui, gekap
bietjie olie
5 ml (1 t) fyn knoffel-en-gemmer- mengsel
10 ml (2 t) kerriepoeier
1 ℓ (4 k) hoenderaftreksel
125 ml (½ k) room

Metode

Verhit oond tot 180 ˚C.

  1. Plaas botterskorsies op bakplaat. Sprinkel met olie, sout, peper, brandrissievlokkies en paprika.
  2. Bak botterskorsies tot sag en karamelkleurig.
  3. Braai ui in groot kastrol met bietjie olie tot sag. Roer knoffelen- gemmer-mengsel en kerriepoeier deur tot geure begin loskom.
  4. Gooi botterskorsie en aftreksel by uie en bring tot kookpunt. Verpulp met staafmenger.
  5. Bring sop weer tot kookpunt, geur met sout en peper. Roer room by.
  6. Bedien met lekker vars brood.

Send this to a friend