Moussaka

Gebruik hierdie resep en maak lekker moussaka vanaand!

4 porsies

Bestanddele

2 eiervrugte
sout
bietjie olie
1 ui
500 g maalvleis
5 ml (1 t) fyn komyn
5 ml (1 t) fyn koljander
knypie rooipeper
420 g (1 blik) gekapte tamaties
10 ml (2 t) tamatiepasta
1 lourierblaar
SOUS
500 ml (2 k) warm melk
30 ml (2 e) botter
30 ml (2 e) koekmeel
knypie neutmuskaat
sout en peper
250 ml (1 k) mozzarellakaas

Metode

  1. Sny eiervrug in ringetjies van 0,5 cm. Pak op skinkbord uit en sprinkel met sout. Laat staan vir 20 minute, draai om en doen dieselfde aan ander kant.
  2. Verhit olie en braai ui tot sag, skep uit en hou eenkant.
  3. Braai maalvleis tot bruin, voeg geurmiddels en uie by en braai effens.
  4. Gooi tamaties, tamatiepasta en lourierblaar by maalvleis, laat saggies kook tot dik.
  5. Sous Verhit melk en hou eenkant. Smelt botter en roer meel by. Roer warm melk bietjie vir bietjie by. Bring tot kookpunt en roer geurmiddels by.
  6. Spoel eiervrugringetjies in koue water af en druk droog. Braai ringetjies in bietjie olie en hou eenkant.
  7. Verhit oond tot 180 ˚C. Skep een derde van maalvleis in 20 cm-oondbak. Pak eiervrugringetjies bo-op, weer ’n laag maalvleis en eiervrug. Herhaal tot maalvleis en eiervrug op is.
  8. Gooi witsous oor laaste laag met kaas en bak vir 30–40 minute of tot dit borrel en kaas goudbruin is.

Send this to a friend