Murgpampoentjie-en-okkerneut-muffins

murgpampoentjie_okkerneut_muffins

Is jy skrikkerig om gebak met groente in te probeer? Moenie wees nie – dis heerlik!

Murgpampoentjie-en-okkerneut-muffins
24 muffins

Bestanddele

3 ekstragroot eiers
250 ml (1 k) ligte bruinsuiker
45 ml (3 e) heuning
5 ml (1 t) vanieljegeursel
187 ml (¾ k) olie
500 ml (2 k) rou murgpampoentjies, grofgerasper
2 appels, geskil, grofgerasper
60 ml (4 e) okkerneute, grofgekap
875 ml (3½ k) koekmeel
15 ml (3 t) bakpoeier
2 ml sout
2,5 ml (½ t) koeksoda
5 ml (1 t) fyn kaneel

Metode

Stel oond op 180 °C.

1 Klits eiers, bruinsuiker en heuning vir drie minute. Klits vanieljegeursel en olie by tot gemeng.
2 Roer gerasperde murgpampoentjies, appel en okkerneute by eiermengsel.
3 Sif koekmeel, bakpoeier, sout, koeksoda en kaneel saam. Roer by eiermengsel tot deeg vorm.
4 Sit muffinpapiertjies in muffinpanne. Skep papiertjies ¾ vol met deeg.
5 Bak vir 20 minute of tot goudbruin.
6 Verwyder muffins uit panne en laat afkoel.
7 Sit saam met botter en konfyt voor. Vk

Send this to a friend