Parmesaan-murgpampoentjiestokkies

Parmesaan-murgpampoentjiestokkies is heerlik as ’n happie of bykos

6–8 porsies

Bestanddele

20 murgpampoentjies
1 00 g (1 pakkie) kaasgegeurde beskuitjies
1 25 ml (½ pakkie) parmesaankaas, fyngerasper
2,5 ml (½ t) knoffelsout
1 eier, geklits

Metode

Stel oond op 200 ˚C.

  1. Sny murgpampoentjies lengtegewys in kwarte.
  2. Druk beskuitjies baie fyn en meng met parmesaan en knoffelsout.
  3. Rol murgpampoentjiestokkies in eier en dan in beskuitjiemengsel. Plaas op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.
  4. Bak vir 20 minute of tot goudbruin. Draai halfpad deur baktyd om.

Send this to a friend