Stapel-aartappels

Lyk hierdie stapel-aartappels nie net heerlik nie?

6-8 porsies

6 middelslag-aartappels
125 ml (½ k) gesmelte botter
60 ml (¼ k) olie
15 ml (1 e) groentespeserye

Metode

Stel oond op 200 ˚C.

  1. Sny aartappels in skyfies, tussen 3 mm en 5 mm.
  2. Meng botter, olie en speserye.
  3. Smeer muffinpan met bottermengsel.
  4. Pak een skyfie aartappel in muffinpan, smeer met bottermengsel en pak nog ’n skyfie aartappel bo-op. Herhaal proses tot 12 muffinholtes vol is.
  5. Sit ander muffinpan bo-op aartappels en druk effe platter.
  6. Sit in oond vir 20 minute. Haal boonste muffinpan van aartappels af en bak vir verdere 15 minute tot goudbruin en kante krakerig raak.  

Send this to a friend