Sweedse frikkadelle

Maak vir ’n verandering Sweedse frikkadelle

4 porsies

Bestanddele

500 g maalvleis
1 klein ui, fyngerasper
5 ml (1 t) fyn knoffel
1 eier 60 ml (¼ k) broodkrummels
5 ml (1 t) fyn koljander
5 ml (1 t) fyn komyn
knypie fyn naeltjies
knypie fyn neutmuskaat
sout en peper
SOUS
45 ml (3 e) botter
45 ml (3 e) koekmeel
500 ml (2 k) beesaftreksel
250 ml (1 k) room
10 ml (2 t) korrelmosterd
varsgemaalde peper

Metode

  1. Meng maalvleis, ui, knoffel, eier, broodkrummels en speserye saam.
  2. Rol ongeveer 16 frikkadelle uit mengsel.
  3. Verhit bietjie olie en braai frikkadelle tot bruin, skep uit en hou eenkant.
  4. Sous Smelt botter in dieselfde pan, gooi meel by en roer goed.
  5. Roer aftreksel stadig by om klonte te voorkom. Roer room en mosterd by. Laat kook tot dikker sous vorm.
  6. Sit frikkadelle terug by sousmengsel en kook vir paar minute tot deurwarm. Bedien met pastarys.

Send this to a friend