Skuimpies

Dollie jou volgende nagereg op met outydse skuimpies. Gebruik hierdie maklike manier om die nuwerwetse skuimpies te bak

30 skuimpies

Bestanddele

4 (120 g) eierwitte
240 ml (200 g) suiker
1,25 ml (¼ t) kremetart
45 ml (3 e) kakao

Metode

Verhit oond tot 150 °C en berei twee bakplate met waspapier voor.

  1. Roer eierwitte en suiker in dubbelkoker totdat al die suiker opgelos is. Wees versigtig dat mengsel nie te warm word nie.
  2. Voeg kremetart by louwarm mengsel en klits tot stywepuntstadium.
  3. Sif klein bietjie van kakao oor mengsel, skep boonste laag met lepel af en plaas op bakplaat. Wanneer kakao min raak, sif weer bietjie kakao en skep af. Hou so aan totdat mengsel op is.
  4. Bak vir 1 uur tot gaar.

Wenk

Gebruik die skuimpies as versiering op ’n sjokoladekoek

Send this to a friend