Spaanse hoender | Vrouekeur

Spaanse hoender

Lyk hierdie Spaanse hoender nie heerlik nie?

4–6 porsies

Bestanddele

2 rooi uie, in kwarte gesny
500 g (½ pak) klein aartappeltjies
8–12 hoenderdye
30 ml (2 e) hoenderspeserye
2 50 g chorizo-worsies, in skyfies gesny
1 lemoen se sap
varsgemaalde swartpeper
15 ml (1 e) olie

Metode

Stel oond op 180 °C.

  1. Plaas al die bestanddele in groot baksakkie.
  2. Knoop toe en skud goed. Plaas in oondskottel en bak vir 90 minute of tot hoender gaar is.
  3. Haal uit oond en sny versigtig oop sodat stoom jou nie brand nie.

Send this to a friend