Tamatie-en-feta-fillopastei | Vrouekeur

Tamatie-en-feta-fillopastei

Maak hierdie maklike tamatie-en-feta-fillopastei vir middag- of aandete!

1 groot pastei

6 velle fillo
gesmelte botter
45 ml (3 e) Italiaanse kruie
45 ml (3 e) uiemarmelade
200g (1 pak) tamaties, verskillende kleure
2 sirkels feta
vars basiliekruid

Stel oond op 180 °C.

  1. Smeer een vel fillo met botter en sprinkel liggies met Italiaanse kruie. Doen dieselfde met res van fillo en stapel op mekaar om een groot blok te vorm.
  2. Vou kante omtrent 5 cm na binne om. Smeer weer met botter.
  3. Smeer uiemarmelade oor hele pastei. Sny tamaties in skywe en rangskik eweredig.
  4. Sprinkel fetakaas oor. Plaas op bakplaat en bak vir 20 minute of tot goudbruin en gaar.

Wenk

As jy nie uiemarmelade kry nie, maak jou eie: Braai twee groot rooiuie in botter, kook met 125 ml (½ k) suiker en 250 ml (1 k) balsamiese asyn tot verdik. Bêre in geseëlde glashouer.

Send this to a friend