Tunaburger

Maak maklike tunaburgers vir aandete

2 porsies

Bestanddele

bietjie olie
½ ui, gekap
2 blikkies tuna
60 ml (¼ k) broodkrummels
5 ml (1 t) visspeserye
1 eier
2 hamburgerrolletjies
30 ml (2 e) pienk mayonnaise
1 tamatie, in skyfies gesny
handvol vars slaaiblare

Metode

  1. Verhit olie en braai ui tot sag.
  2. Meng ui, tuna, broodkrummels, spesery en eier saam in mengbak.
  3. Vorm frikkadelle van tunamengsel en braai oor matige hitte tot bruin.
  4. Sny broodrolletjies in helfte en rooster liggies onder element.
  5. Smeer albei kante met mayonnaise. Sit bietjie blare aan albei kante van rolletjie. Sit tunafrikkadel en tamatie op een kant. Maak burger toe en bedien dadelik.

Send this to a friend