Vark-en-groente-skottel | Vrouekeur

Vark-en-groente-skottel

Nie ’n idee wat om vir aandete te maak nie? Probeer dié vark-en-groente-skottel

4–6 porsies

Bestanddele

500 g Kassler-varkstukke100 g (1 pak) klein mielies
120 g (1 pak) mange tout-ertjies
½ geel soetrissie, in repe gesny
½ rooi soetrissie, in repe gesny
500 g (½ pak) aartappeltjies, gehalveer
300 g (1 pak) worteltjies
bietjie olie
4 tiemietakkies
2 salietakkies
sout en peper

Metode

Stel oond op 180 °C.

  1. Sny vleis in kleiner stukke.
  2. Plaas groente en vleis in oondskottel en roer olie, kruie, sout en peper deur.
  3. Sit foelie oor en bak ongeveer 40 minute of tot groente sag en vleis gaar is.  

Wenk

Vir ’n dekadente dis kan jy 125 ml (½ k) room byvoeg

Send this to a friend