Vinnige hoenderpastei | Vrouekeur

Vinnige hoenderpastei

Vinnige-hoenderpastei

Hierdie vinnige hoenderpastei gaan jou beslis tyd spaar!

4 porsies

Bestandele

bietjie olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) knoffel, gekap
250 g sampioene, gekap
30 ml (2 e) botter
30 ml (2 e) koekmeel
300 ml (1¼ k) room
5 hoenderborsies, gaar en gevlok
takkie tiemie
knypie rooipeper
sout en peper
2 00 g (1 rol) klaargemaakte
skilferkorsdeeg
bietjie melk

Maak ook hierdie maalvleispastei

Metode

Stel oond op 200 °C

  1. Verhit olie en braai ui en knoffel tot sag.
  2. Voeg sampioene by en braai verder.
  3. Smelt botter en roer meel deur.
  4. Voeg room bietjie vir bietjie by sodat daar geen klonte is nie.
  5. Roer hoender en res van geurmiddels deur. Bring tot kookpunt.
  6. Giet in oondbak en rol skilferkors booor. Verf met melk.
  7. Bak vir 20 minute of tot goudbruin.

Wenk

Jy kan een groot bak of vier individuele bakkies maak.

Send this to a friend