Vinnige vispaella | Vrouekeur

Vinnige vispaella

Maak maklike vispaella vandag!

4 porsies

Bestanddele

bietjie olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
1 rooi soetrissie, gekap
7,5 ml (1½ t) borrie
500 ml (2 k) rys
750 ml (3 k) hoenderaftreksel
420 g (1 blik) gekapte tamaties
sout en peper
2 hoenderborsies, gaar en in blokkies gesny
8 garnale, skoongemaak
4 stokvisfilette, in blokke gesny
12 swart olywe, ontpit
250 ml (1 k) bevrore ertjies

Metode

  1. Verhit olie in groot pan en braai uie en knoffel tot sag. Voeg soetrissie en borrie by en braai verder.
  2. Voeg rys by en braai dit effens. Gooi aftreksel en tamaties by en kook tot halfgaar. Geur met sout en peper.
  3. Roer hoender, garnale, vis, olywe en ertjies by. Laat verder kook tot rys en vis gaar is.

Send this to a friend