Groentepasta met pesto | Vrouekeur

Groentepasta met pesto

Maklik en vinninge groentepasta met pesto

4–6 porsies

Bestanddele

800 g (1 pak) gemengde vars groente
2 uie, in kwarte gesny
bietjie olie
1 takkie roosmaryn
sout en peper
500 g (1 pak) pasta
100 g (1 sakkie) rooi pesto
125 ml (½ k) parmesaankaas, gekerf

Metode

Stel oond op 200 °C.

  1. Meng groente, uie, olie en roosmaryn saam in oondbak en geur met sout en peper. Rooster tot groente sag is.
  2. Kook pasta in borrelende soutwater met bietjie olie in tot gaar, spoel af en hou eenkant.
  3. Meng pasta, groente en pesto saam. Bedien met parmesaankaas.

Send this to a friend