Brei ’n serp saam met Vrouekeur vir Mandeladag!

Doen jou deel vir liefdadigheid en brei ’n serp!

Op 18 Julie vier ons Mandeladag, ’n wêreldwye liefdadigheidsinisiatief. Vrouekeur vat vanjaar hande saam met LAPA Uitgewers, die ATKV en Bargain Books en vra ons lesers om serpe vir liefdadigheid te brei.

Loer ook in die Vrouekeur-uitgawes vanaf 26 Mei tot 30 Junie 2017

Hoe kan jy saambrei?

  • Brei die onderstaande patroon (vir volwassenes of kinders) uit ons splinternuwe breiboek Vrouekeur 50 breipatrone in ’n kleur van jou keuse.
  • Lewer die serp voor of op 18 Julie 2017 by jou plaaslike Bargain Books-tak af. Bargain Books sal die serpe voor 31 Julie aan plaaslike liefdadigheidsorganisasies van hul keuse aflewer.
  • As jy nie ’n deelnemende Bargain Books-tak kan opspoor nie, pos die serp aan LAPA, Posbus 123, Pretoria 0001.
  • Deel gerus ’n foto van jou en jou serpe met ons op Facebook en Twitter vir ’n kans om iets te wen!

AFRIKAANS

SERP VIR VOLWASSENES

Wat het jy nodig?

Gebruik wol van jou keuse en pas breinaalde daarby aan

Afkortings

aw – aweregs r – regs

Patroonsteek

Oor veelvoud van 4 plus 3 1ste ry: *r2, aw2, herhaal van * tot laaste 3 ste, r3. Herhaal 1ste ry.

Wenk

Hierdie patroon is alkant selfkant.

AANWYSINGS: SERP

Stel 35 ste op en werk in patroonsteek tot serp sowat 155 cm lank is, of lengte verlang. Heg af.

Om te voltooi

Knip fraiings van ongeveer 30 cm lank en heg twee-twee saam aan albei punte.

KINDERSERP

Stel 19 ste op en werk in patroonsteek tot serp sowat 100–120 cm lank is, of lengte verlang. Heg af.

Om te voltooi

Knip fraiings van ongeveer 20 cm lank en heg twee-twee saam aan albei punte

ENGLISH

What you need

4 balls ELLE RUSTICA PRINT CHUNKY (50 g) in Dillweed

5,5 mm needles

 

Tension

15 sts and 21 rows = 10 cm in st-st with 5,5 mm needles

The tension is not that important

 

Pattern stitch

Multiple of 4 plus 3

1st row: *k2, p2, rep from * to last 3 sts, k3.

Rep 1st row.

 

Tip

This pattern is reversible.

 

Instructions

SCARF

Cast on 35 sts and work in pattern stitch until scarf measures approximately 155 cm, or preferred length. Cast off.

 

To complete

Cut tassels of approximately 30 cm and attach to both ends.

 

SCARF FOR A BOY

Cast on 19 sts and work in pattern stitch until scarf measures approximately 100-120 cm, or preferred length. Cast off.

 

To complete

Cut tassels of approximately 30 cm and attach to both ends.

serp

Send this to a friend