Blommewerkswinkel saam met Vrouekeur & Multiflora

Kort jy kreatiewe idees vir jou tuin? Kom bestee die oggend saam met Vrouekeur en Multiflora vir inspirasie!

Die bekende tuinontwerper en TV-persoonlikheid David Viljoen gaan op Saterdag 28 Julie 2018 oor tuinmaak vir klein ruimtes gesels en boonop wenke vir waterbesparing in die tuin gee. Hy gaan ons ook stapsgewys wys hoe om ’n vertikale tuin met vetplante te maak. Moenie dit misloop nie!

Wanneer?

Saterdag 28 Julie 2018

Waar?

Multiflora-blommemark, h.v. Vickersstraat en Fig Place, City Deep, Johannesburg

Sessie 1  – Gratis praatjie en demonstrasie

Tyd: 09:00
Koste: Gratis
(Sitplekke en geskenkpakke is beperk)

Sessie 2 – Blommewerkswinkel

Tyd: 11:00
Koste: R250
Dit sluit alle blomme en ’n houer in
Beperkte plek beskikbaar – klik hier en bespreek by www.caxtonevents.co.za

Send this to a friend